|
die anker vir Afrikaanse Christelike Onderwys |
|
Laerskool Koedoeskop |



|
Agtergrond |
|
AGTERGROND Laerskool Koedoeskop is 'n Christelike Afrikaanse skool, wat geleë is in die Krokodilriviervallei. Die skool was aanvanklik gebou deur die boeregemeenskap vir hul kinders, maar die skool het uitgebrei met die myne wat oopgemaak het. Ons bestaan tans uit kinders van die breër Koedoeskop omgewing, Thabazimbi, Leeupoort, Rooiberg, Setaria, en Amandelbult. Laerskool Koedoeskop het 'n trotse geskiedenis, ryk aan sport, kuns, kultuur en uitstaande akademiese gehalte. Ons deel graag in opbouende positiewe tegnologiese veranderings en verbeterings maar ons is steeds stewig geanker in ons geloof en beginsels, en vergeet defnitief nie waar alles vandaankom nie. Die grote van die skool maak dit moontlik dat ons elke kind persoonlik ken. Mnr Grobler volg 'n oop-deur-beleid, wat dit vir ouers moontlik maak om enige tyd met hom in verbinding te tree. Die skool doen ook baie moeite om ouers ingelig te hou oor alledaagse gebeure. Die onderwysers doen gereeld kursusse en ontvang ekstra opleiding om hulle taak so goed moontlik te kan verrig. Deur middel van gereelde vergaderings met die beheerliggaam, onderwysers, ouers en ouerverteenwoordigers, stryk ons enige krapperigheid vinnig uit om sodoende alles vlot te laat verloop. Ons is trots om deel van Laerskool Koedoeskop te kan wees! |
|
GESKIEDENIS · Skool open amptelik op 20 Januarie 1931 met 37 leerders. Die eerste hoof was Mnr. T.P. van Schalkwyk. · In 1933 neem Mnr. L.B. Kloppers oor as hoof. Hy het alombekend gestaan as Ou Meester Klopper. Hy was veral bekend vir die volgende woorde: "In ons land kan daar nog sulke skole wees, maar ek glo, beter, nooit. · Op 20 Mei 1952 is die huidige skoolgebou betrek. · Einde 1967 word afskeid geneem van Ou Meester Kloppers na 22 jaar in diens by Laerskool Koedoeskop. · In 1968 word Mnr. P.S. Kloppers aangestel as hoof van Laerskool Koedoeskop. · 16 Mei 1977 word Mnr. J.J. van Tonder as hoof aangestel by die skool. Die jaar het ook die ontstaan van die skoolwapen en skoollied gesien. · 3de Kwartaal 1985 word Mnr. Hannes Grundeling aangestel as hoof by die skool. · Januarie 1994 word Mnr. Pieter de Beer aangestel as hoof. · Vanaf 1 Augustus 1997 neem Mnr. D. Labuschagne waar as hoof. · 1September 2000 neem Mnr. L. Schutte amptelik leisels oor as hoof by Laerskool Koedoeskop. Me. I. Engelbrecht neem waar as hoof vanaf 1Januarie 2006 neem Mnr. Gustav Grobler die leisels oor as hoof. |
|
STANDBEELD Aanhaling van Guido Gezelle: "Dankbaarheid is 'n plantjie wat in min tuine blom maak. Baie hardloop so vinnig by die ingang verby en sien dit nie eens raak nie. Maar hier is 'n plantjie van dankbaarheid wat blom. Daar is baie wat so hardloop dat hulle nie eers hiervan sal weet nie. Die meeste kom dit ongelukkig eers agter die dag as jou ma nie meer daar is nie." |
|
VISIE Die beste toekomsgerigte Laerskool te wees wat aan hoë standaarde voldoen in terme van onderwysuitkomste en –metodes, leierskapontwikkeling, finansieële bestuur en kommunikasie in die samelewing gebaseer op Christelike beginsels en waardes. |
|
MISSIE Ons sal as dinamiese skool wat verbind is tot akademiese en tegniese uitnemendheid, ons leerders opvoed en inspireer om verantwoordelike produktiewe en etiese lede van die gemeenskap te wees met die nodige vaardighede en passie om kreatief te dink, krities te redeneer, effektief te kommunikeer en deurlopend te leer. Ons sal dit bereik binne ‘n opvoedkundige omgewing wat gekenmerk sal word deur hoë en meetbare standaarde asook ‘n duidelike gedefineerde kurrikulum wat deur voortreflike personeel ‘n vennootskap met betrokke ouers en die wyer gemeenskap geimplimenteer word. |

