
|
die anker vir Afrikaanse Christelike Onderwys |
|
Laerskool Koedoeskop Business Name |



|
KOEDOE QUAD RUN
aangebied deur
Laerskool Koedoeskop 30 Oktober 2010
QUADS & BIKES
Hiermee word u vriendelik uitgenooi na die Koedoe Quad Run (Fun Run) wat plaasvind op 30 Oktober 2010 by die terrein van Inibos. Die Fun Run self, gaan op naburige plase plaasvind, maar die wegspring sal vanaf die skoolterrein wees.
Dit beloof om ‘n heerlike familiedag te wees met baie vermaak vir oud en jonk! Ons bane is goed uitgelê op die naby geleë plase en is ‘n groot uitdaging vir elke bike en quad entoesias! Daar sal ook ‘n baan wees vir die klein beginnertjies! Genoeg eet en drinkgoed sal deur die dag te koop aangebied word by Inibos se terrein. Daar gaan ‘n paar uitstallers wees en ook ‘n biertuin om die dag op ‘n heerlike noot mee af te sluit!
Akkomodasie is by Inibos asook in die omgewing beskikbaar – Francois 0824653737 of Amanda 0832276350 / 0726991009
Elke deelnemer ontvang ‘n spesiale medalje en daar sal weereens goeie pryse op die spel wees.
Ons fotograaf sal gedurende die Fun Run op strategiese plekke foto’s neem wat na die tyd by haar te koop sal wees. Inskrywingsvorms moet volledig ingevul word, en ons moedig deelnemers aan om asseblief vooraf in te skryf, aangesien dit goedkoper is as inskrywings op die dag van die Fun Run.
Elke deelnemer vul die dag van die Fun Run persoonlik ‘n vrywaringsvorm in. Nooi al u vriende en familie om die dag saam te kom geniet – ons sien uit daarna om u aan die Koedoe gasvryheid bloot te stel!!
Bosveld groete
DIE ORGANISEERDERS Carl Vos – 082 467 1807 Nelmarie Schutte – 073 164 5105
KOEDOE QUAD RUN 30 Oktober 2010 te Inibos
R200 per vooraf inskrywing (1 vorm per inskrywing) R250 per inskrywing op die dag van die Fun Run R50 vir die kinderbaan
Quads & bikes
|